Thursday, July 24, 2014

Begin en Einde

Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige. 

  • Sou mens ooit die uitdrukking of woord BEGIN(Alfa) kon gebruik tensy daar 'n EINDE(Omega) is? In geen begrip van ons menslike insigte sal ons ooit die twee woorde in dieselfde sin gebruik tensy ons daarmee wil oordra dat ons glo in beide 'n herkenbare begin sowel as 'n herkenbare einde nie. (Juis om die rede word die sin so konstrueer deur die Here.)
  • Die bostaande woorde wat  die Here uiter beteken dat die Here die BEGIN was maar Hy is ook NOU en dan verstaan ons verseker dat solank Jesus nog nie gekom het nie, daar steeds 'n belofte is van meer (wysheid, openbaring, insig, liefde, ontplooiing van God se plan, . . . . . . . ) om te gebeur voordat alles volbring is.
  • Dit verwys dus na 'n afgemete tydskaal wat bepaal is deur die Almagtige en wat nie noodwendig ooreenstem met ons eie begrip van en afbakening van tyd nie.
  • Dis ook duidelik dat daar 'n vooraf bepaalde stel gebeure is wat beskik is (en waaraan die voleinding ondergeskik is) om plaas te vind tussen die Alfa en die Omega fases.
  • Dit IS steeds besig om te gebeur en het nog die eindpunt bereik nie. 
  • Die skriffie wil ons laat verstaan dat ons nie die einde sal kan sien of ervaar voordat die Almagtige dit nie bepaal nie. By implikasie begryp mens dus dat dit nie onmoontlik is om te verstaan nie maar dat jy 'n verandering van ingesteldheid ("in die gees") nodig het om die dinge wat gaan volg te verstaan en te eien.

No comments:

Post a Comment